- Vroue word opsetlik weggelaat uit gesprekke en forums waar daar oor vrouekwessies gepraat word.
- Vroue uit alle rasse, politieke affiliasie en gebiede moet deel wees van die Gender Desk. Die Oudtshoorn-munisipaliteit moet inkoop by bestaande programme van nie-winsgewende organisasies
- Plaaslike kinders moet voorkeur kry met opleiding en poste.
- Daar vind geen bemagtiging van vroue in die dorp plaas nie.
- Programme moet deur die munisipaliteit in werking gestel word wat transformasie en gelykheid bevorder in ons dorp.
- Geen borg vir verkragters en moordenaars.
- Die uitbetaling van onderhoud moet bespoedig word. Deelnemende bestuur saam met vroue uit die gemeenskap moet bevorder word.
- Geleenthede waar vroue weer in die landdroshof opgelei word oor hoe om uitsettingsbevele, interdikte en vry egskeidings te kry moet weer aangebied word.
- Gereelde besprekings met vrouens ten opsigte van statistiek rondom geweld teen vroue en kinders.