TUINROETE NUUS - Ons het pas verneem van 'n noodlottige ongeluk wat naby die aansluiting van die Oudtshoorn- en George pad plaasgevind het.
'n Motor met drie insittendes het gerol en een persoon is op die toneel dood.
Een van die insittendes is in 'n kritieke toestand per helikopter na George vervoer.
Die derde persoon is lig beseer.
'n Noodlottige ongeluk wat naby die aansluiting van die Oudtshoorn- en George pad plaasgevind het. Foto's: Hannes Visser
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'