PRINS ALBERT NUUS - Die Prins Albertse fotograaf, Gita Claassen, is steeds getraumatiseer nadat sy in Desember twee mans net ná 03:00 in die hoofslaapkamer van haar en haar lewensmaat, Shanelle Bothma, se huurhuis in Kerkstraat betrap het.
Die twee vrouens het eers heelwat later ontdek dat 'n hele aantal items gesteel is en dat die diewe die huis rustig deursoek het terwyl die bewoners geslaap het.
Hulle het deur 'n klein venstertjie toegang tot die huis bekom.
Hulle waardeer die flinkheid van die polisie, die Apple-opspoorstelsel, Tobie Gous van die plaaslike veiligheidsmaatskappy en die ondersteuning van die gemeenskap, sê Claassen.
•Lees meer in Oudtshoorn Courant en aanlyn
'Ons bring jou die nuutste Prins Albert, Klein Karoo nuus'