OUDTSHOORN NUUS -'n Vragmotor wat lemoene vervoer het, het Donderdag aand, 14 Julie, ongeveer 21:30 by die vurk op die George-pad omgeslaan.
Volgens inligting wat deur die Oudtshoorn Courant bekom is, was die vragmotor in die rigting van Oudtshoorn onderweg toe die ongeluk gebeur het.
Die bestuurder het na bewering beheer verloor om die draai. Die bestuurder is nie beseer nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'