Update
OUDTSHOORN NUUS - Johannes Pieterse (50), ‘n aflosbestuurder van Karoo Lusern, is Saterdagaand oorlede nadat hy beheer oor die vragmotor wat hy bestuur verloor het en dit die pad verlaat het.
Die noodlottige ongeluk het om kwart voor tien op die R341 net voor De Rust gebeur.
Merke op die pad dui daarop dat Pieterse skerp gerem het toe hy beheer oor die vragmotor verloor het en dat ‘n voorband toe gebars het. Die vragmotor het in ‘n sloot langs die pad beland.
Cornel Landman, eienaar van Karoo Lusern, sê dis vir die werknemers ‘n groot skok, want Pieterse was ‘n geliefde kollega wat altyd gereed was met ‘n grappie of twee.
Niks was ooit te veel gevra gevra nie. In die sowat tien maande wat hy by Karoo Lusern gewerk het, het hy baie vriende gemaak.
Die begrafnisreëlings is nog nie bekend nie.
Pieterse laat sy vrou, Linda, en drie kinders agter.
Lees vorige artikel:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Karoo nuus'