OUDTSHOORN NUUS - Die De Rust-polisie ondersoek ‘n klag van strafbare manslag na ‘n 50-jarige man van Dysselsdorp Saterdag in ‘n vragmotorongeluk dood is.
Volgens sers. Chris Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder het die ongeluk om 21:45 op die R341, Doornkloof gebeur.
“Die polisie het inligting ontvang van ‘n ongeluk. Met hul aankoms op die toneel het hulle ‘n vragmotor langs die pad sien lê en die bestuurder van die vragmotor was nog in die kajuit vasgekeer.”
Nooddienspersoneel het die bestuurder met meganiese toerusting uit die kajuit gesny, maar weens die aard van sy beserings is hy op die toneel deur paramedici dood verklaar.
Die polisie is tans besig met ‘n ondersoek.
Die polisie is tans besig met ‘n ondersoek.
“Die polisie het inligting ontvang van ‘n ongeluk. Met hul aankoms op die toneel het hulle ‘n vragmotor langs die pad sien lê en die bestuurder van die vragmotor was nog in die kajuit vasgekeer.”
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Karoo nuus'