Video
OUDTSHOORN NUUSFLITS EN VIDEO - ‘n Vragmotor het omstreeks 09:00 vanoggend omgeslaan en op ‘n tydelike stoorkamer van ‘n bouperseel net buite die dorp geval.
Die drywer was besig om ‘n vrag bousand af te laai, toe die vragmotor omslaan en met die vrag op die stoorkamer beland.
Daar was niemand binne die stoorkamer ten tye van die voorval nie.
Die vragmotorbestuurder is nie beseer nie.
Die omvang van die skade is onbekend.
Geen verdere inligting is tans bekend nie.
Kyk 'n video hieronder.
ARTIKEL EN FOTO: CHRISTO VERMAAK, OUDTSHOORN COURANT JOERNALIS
VIDEO: HANNES VISSER, OUDTHOORN COURANT REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'