OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die bestuurder van 'n Mercedes Vito het vanmiddag 'n noue ontkoming gehad toe 'n vragmotor byna oor sy voertuig gery het.
Die vragmotor en die Vito het met Langenhovenrtraat in Oudtshoorn ingery toe die vragmotor links in Rademeyerstraat ingedraai het.
Die Vito was aan sy linkerkant en is deur die wiele van die vragmotor se sleepwa getref.
Volgens die bestuurder van die Vito, wat ongedeerd is, het hy nie besef die vragmotor gaan links draai nie.
Kyk 'n video hieronder.
Die Vito was aan sy linkerkant en is deur die wiele van die vragmotor se sleepwa getref.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'