OUDTSHOORN NUUS - Dit is nou in die publiek se hande om te besluit en insette te lewer oor die naamsverandering van Voortrekkerweg na Nelson Mandela Boulevard.
Die Oudtshoorn munisipale raad het gister, Dinsdag 30 Januarie, besluit om ‘n proses van stapel te stuur om die naamverandering in werking te laat tree.
Die een EFF en twee Icosa-raadslede het teen die besluit gestem.
Hulle het ‘n voorstel ingedien dat Voortrekkerweg na Winnie Mandela Boulevard verander word.
Met Sarco wat buite stemming gebly het, het die DA en ANC die Nelson Mandela Boulevard voorstel ingestem.
Die uitvoerende burgemeester, Colan Sylvester, het aangevoer dat Mandelan vanjaar 100 jaar oud sou word en die naamsverandering sal deel wees van die vieringe.
In die besluit word gestipuleer dat die munisipale administrasie alle voorgeskrewe prosesse moet volg, insluitende ‘n publieke deelname proses.
Die voorneme moet ook in plaaslike koerante geadverteer word vir kommentaar.
ARTIKEL & FOTO: CHRISTO VERMAAK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'