Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Na ‘n aantal inbrake die afgelope naweek het die polisie weereens ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om maatreëls in plek te stel om voornemende inbrekers af te skrik.
Kapt Louis Visser, kommunikasiebeampte van die Oudtshoorn polisie het die volgende basiese riglyne gegee om inbrake te verminder:
- Moenie jou huis se vensters oop los as jy uitgaan nie en maak seker die vensters se knip is reg toe. Moenie waardevolle items naby vensters los nie, selfs nie as jy tuis is nie.
- Diefwering en alarms is die grootste afskrikmiddel en sal die risiko van inbrake verminder.
- Maak seker die diefwering en veiligheidshekke is sterk genoeg en die gapings klein genoeg dat niemand daardeur kan klim nie. Diefwering is soms sterk maar die vensterrame te swak en breek maklik uit die rame uit.
- Huisbrake vind nie net in die nag plaas nie, so sorg dat vensters bedags toegemaak en deure gesluit word, al is jy by die huis.
- Goeie vriendskappe kan huisbrake verhoed. Laat weet vriende en bure as jy weggaan of nie die nag by die huis is nie. Huisbrake word ontdek as jy by die huis kom en soms was jy lank weg. Vra iemand om gereeld te kyk of als in orde is. Hoe gouer die misdaad ontdek word hoe gouer kan ons die verdagte begin soek.
- Maak seker daar is niks wat rondlê soos bakstene, ysters of gereedskap wat die inbreker kan gebruik om mee in te breek nie.
Kyk 'n video hieronder:
VIDEO: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT-REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'