OUDTSHOORN NUUS - Die voormalige stasiebevelvoerder van die Oudtshoorn-polisiestasie, brigadier Levona Januari, is gistermiddag oorlede.
Volgens kaptein Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisiestasie, is sy op 12 Julie in Panorama MediClinic opgeneem na sy met Covid-19 gediagnoseer is.
Sy was in die intensiewe sorgeenheid van die hospitaal.
Januari was sedert 2014 stasiebevelvoerder in Oudtshoorn en het Maartmaand vanjaar, na 38 jaar diens in die polisie, afgetree. Na haar aftrede het sy weer na Kaapstad teruggetrek.
Die begrafnis vind Donderdag plaas, maar geen verdere inligting is tans beskikbaar nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'