Video
OUDTSHOORN NUUS - 'n Voertuig, vermoedelik 'n wit VW Amarok, het tussen neus en ore verdwyn nadat dit laasnag net na middernag deur 'n erf geploeg het.
Die voertuig het uit die rigting van die honde-eenheid gekom en by die kruising van Noordstraat en Jan van Riebeeckweg bo-oor 'n heining gery, deur die tuin geploeg en toe 'n groot gedeelte van die heining weer flenters gery en weggejaag.
Die eienaars van die huis het net 'n harde slag gehoor en toe hulle buite kom was die voertuig reeds weg.
Die voertuig moes ernstige skade opgedoen het, want dit het onder andere ook 'n groot stewige struik uit die grond gery.
Kyk 'n video hieronder:
'n Groot gedeelte van die heining is flenters gery.
'Ons bring jou die nuutste Oudsthoorn, Klein Karoo nuus'