OUDTSHOORN NUUS - Dertien leerders van Vlakteplaas UCC Primêr-koor het verlede week deurgedring na die eindronde van die Eisteddfod-koorkompetisie wat vanaf 27 tot 30 Junie in Johannesburg gehou sal word.
Hul prestasie volg nadat hulle op 19 Mei die topkoor in die eerste ronde van die kompetisie in Knysna was.
Daarna het hulle deelgeneem in die tweede ronde op 13 Junie wat by die Artscape-teater in Kaapstad gehou is. Hier het altesaam 25 primêre skole vanoor die land in verskillende kategorieë deelgeneem.
Vlakteplaas was toe as die beste plaas-skoolkoor aangewys.
Burgemeester Chris Macpherson het die koor met hul vertrek na Kaapstad sterkte toegewens terwyl die Oudtshoorn-munisipaliteit
R10 000 vir die koor geskenk het om hul uitgawes te help dek.
Die koor is onder leiding van twee onderwysers by die skool, Sue-Lanya Ewerts en Emmerentia Europa.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’