Update
OUDTSHOORN NUUS - 'n Vierde verdagte het gister in die Oudtshoorn-landdroshof verskyn na die moord op Justin Booysen.
Booysen is die afgelope naweek koelbloedig in sy voorhuis in Rosebank doodgeskiet.
Lorenzo Dominique Malgas is Dinsdagaand in hegtenis geneem en het Woensdag sy eerste verskyning in die hof gehad. Hy word deur Vaughn Shone verteenwoordig.
Drie ander verdagtes, Ebrahim Malgas, Simphiwe Ndlani en Breyton Bruiners is Sondag kort na die moord op Booysen in hegtenis geneem. Hulle het Maandag hul eerste verskyning gehad en het Dinsdag weer verskyn sodat hul regsverteenwoordigers op rekord kon kom.
Die landdros het die saak teen al vier verdagtes na Maandag 25 November vir 'n formele borgtogaansoek uitgestel.
Lees die volledige berig in môre se koerant.
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'