Toe polisielede die voertuie nader, het die motors skielik weggetrek en in die rigting van Barrydale weggejaag. Hulle is deur polisievoertuie agternagesit. Ongeveer 7 km verder het die Telstar die pad byster geraak en 'n 38-jarige man is gearresteer.
Sowat 3 km verder het die silwerkleurige Mercedes tot stilstand gekom en die insittendes het die bosse ingevlug. 'n Grootskaalse soektog deur lede van die Attequa en Outenikwa honde-eenhede, blitspatrollie, eenheid vir georganiseerde misdaad, misdaad intelligensie, speurdiens, misdaadvoorkomingseenheid, motordiefstal eenheid en 'n spoorsnyer van die landelike gemeenskap van Van Wyksdorp is van stapel gestuur.
Om ongeveer 13:30 dieselfde dag is die twee verdagtes, onderskeidelik 29 en 36 jaar oud, gearresteer.
Die verdagtes is van Mosselbaai en Khaya-litsha afkomstig en het Woensdag in die Ladismith-landdroshof verskyn op 'n klag van besit van vermoedelik gesteelde eiendom ter waarde van ongeveer R89 500. Die verdagtes bly in aanhouding tot 8 Mei.
Die Telstar is op 16 April in Claremont ge-steel en die Mercedes op 4 Februarie in Stellenbosch.

Die polisielede wat betrokke was by die aankeer van drie vermeende motordiewe is: Konstabels Heino Moses, Theunis Ruiters, Andries Joon, Greg Opperman, Maria Mphale, Craig Lambaatjeen, Leonard Smit en Tertius Ferendale. Foto verskaf.