OUDTSHOORN NUUS - Is jy lus vir 'n avontuurlustige uitdaging hierdie vakansie?
Die Calitzdorp-natuurroetes wat 21 bergpasse binne 'n 130 km-radius insluit het twee roetes wat gevolg kan word en beide kan in een dag gedoen word.
Gebruik hierdie inligting tesame met Google Maps of 'n Garmin-toestel om jou roete te beplan. Die roetes is toeganklik vir beide sedanmotors en nutsvoertuie. Buiten die onlangse veldbrande is die passe almal oop vir voertuie.
Calitzdorp na Mosselbaai via Van Wyksdorp en terug op die R328 (teer en grondpad). Afstande in hakkies.
Rooibergpas (14 km)
-33.65005, 21.64257
Hierdie grondpadpas is op die P1661 roete tussen Calitzdorp en Van Wyksdorp. Aan die bopunt van die pas is 'n steenhoop wat deur vroeëre reisigers opgestapel is in 'n gebaar van dankbaarheid en 'n veilige reis.
Assegaaiboschpas (3 km)
33°44'09.2"S21°34'49.3"E
Die pas is op die P1661-roete tussen Calitzdorp en Van Wyksdorp en word gereeld verwar met die Rooibergpas.
Jan Mullerpas (3,6 km)
-33.90576,21.65168
Die pas is op die R327 wat Van Wyksdorp en Herbertsdale verbind. Dit is 'n kort, steil pas wat via 'n sementbrug oor die Gouritzrivier loop.
Cloetespas (19 km)
-33.95927 , 21.79749
Hierdie pas wat op die R327 tussen Van Wyksdorp en Herbertsdale gevind kan word is in 1850 gebou en oorbrug die Vreysrantberge.
Du Plessispas (8.5 km)
-34.07787 , 21.77191
Hierdie maklike, geteerde pas lê op die R327 tussen Mosselbaai en Herbertsdale en eindig by die groen velde langs die Gourtizrivier. Die pas dateer terug na 1850.
Robinsonpas (8.3 km)
-33.88166, 22.02406
Die bekende pas op die R328-roete is op enige bergpas-entoesias se te doen lysie. Met lang draaie, natuurskoon en uitstekende uitsigte om elke draai verbind die pas Mosselbaai met Oudtshoorn.
Brakpoortpas (4.27 km)
-33.71783, 22.11784
Hierdie pas is 'n noordelike verlenging van die Robinsonpas op die R328.
Calitzdorp na Prins Albert via Kruisrivier, Swartberg en terug via Klaarstroom en die N12 (teer en grondpad). Afstande in hakkies.
Kruisrivierpoort (2.2 km)
33°26'01.8"S 21°50'06.2"E
Die P1706-roete offer ongelooflike natuurskoon op die bekende R62-toerismeroete, veral die reguit en somtyds vervelige deel van die padseksie tussen Calitzdorp en Oudtshoorn.
Huis se Hoogte (3.2 km)
33°25'41.5"S 21°54'47.0"E
Hierdie grondpadpas verbind die Kruisrivier plaasgebied in die weste met die Swartberg Privaat wildplaas by die oostelike einde van die pas op die R363. Deur ooswaarts te ry neem die pas reisigers na die voet van die Swartbergpas, asook na die Kango-grotte.
Dooringkloofpas (4.7 km)
33°24'08.0"S 21°59'51.5"E
Hierdie relatief onbekende pas kan gevind word op die P363 tussen die Swartbergpas en Calitzdorp, net suid van die Kruisrivier nedersetting.
Swartbergpas (27 km)
-33.41141, 21.97512
Hierdie pas was Thomas Bain se finale en beste voorbeeld van topklas padbou. Die pad (R328) word gekenmerk aan handgepakte klipmure. Onderweg kan oorblyfsels van die ou tronk, Tolhuis en ander interessante geskiedkundige gebiede gesien word. In die winter is die pas somtyds met sneeu bedek, maar in die somer is dit 'n lushof vir natuurliefhebbers. Die berg se unieke mikro-klimaat ondersteun die fynbos wat welig hier voorkom, asook 'n ryk voëlparadys. Die Swartbergpas is in 1988 as 'n nasionale monument verklaar.
Witkranspoortpas (2 km)
33°15'15.9"S°02'31.4"E
'n Kort poortpas onderweg na Prins Albert op die geteerde R407 vanaf Klaarstroom in die ooste. Hierdie is laaste deel van die bergnatuurskoon voordat Prins Albert bereik word.
Kredouwpas (3 km)
-33.27489, 22.27678
Die pas lê in die Prins Albert vallei op die R407 tussen Prins Albert en Klaarstroom. Die oorspronklike naam vir die pas was Kareedouwbergpas.
Meiringspoort (25 km)
-33.41667 , 22.54963
Meiringspoort bied ’n deurgang vanaf Oudtshoorn in Klein Karoo tot Beaufort-Wes in Groot Karoo. Met ’n geteerde pad deur ’n natuurlike kloof in die Swartberge met 63 draaie en 25 rivierkruisings wat konsentrasie van bestuurders verg, veral as asemrowende natuur en rotsformasies die aandag trek. Die voue en plooie van eens horisontale lae van die Tafelbergsandsteen, die unieke plantegroei en talle watervalle indrukwekkend.
Ander passe in die area (afstand in hakkies).
Huisrivierpas (13.4 km)
-33.49516, 21.58245
Die bergpas lê tussen twee valleie tussen Ladismith in die weste en Calitzdorp in die ooste. Die pas het 39 draaie, hoeke en draaie wat bestuursvernuf verg. Die natuurskoon is besonders en is daar heelwat aftrekplekke vir reisigers. Die naam van die pas is afkomstig van die Khoi-khoi woord vir wilger.
Seweweekspoortpas (17.7 km)
-33.40012, 21.39932
Hierdie is een van die mooiste passe in die Klein-Karoo, byna ’n spieëlbeeld van die Meiringspoortpas is die pas beslis ’n besoek werd as jy 'n natuurliefhebber is. Die pas is op die R323 met Zoar en Laingsburg in die weste.
Bosluiskloofpas (23.9 km)
-33.33722, 21 .50295
Die pas kan bereik word in die noordelike einde van die Seweweekspoortpas waar die pad opwaarts loop aan die noordelike deel van die Swartberg. Die pas kronkel tussen die Swartberg en Elandsberge met sy einde by die Gamkapoortdam. Hierdie is 'n uitsonderlike bergpas om aan te pak en beslis die moeite werd.
Schoemanspoortpas (20 km)
-33.44994, 22.25528
Die bergpas vorm deel van die R328 en verbind Oudtshoorn met die Kango-grotte. Die pas neem reisigers na Prins Albert via die Swartbergpas.
Outeniquapas (19 km)
-33.88652, 22.39928
Die is 'n redelike moderne bergpas wat die George met Oudtshoorn en die Klein-Karoo verbind. Dit is alternatief gebou in 1942 - 1951 om 'n roete na die Montagupas te vestig. Dit is deur die jare verskeie kere verbreed en is 'n daaglikse roete vir motoriste tussen die twee dorpe, asook die Langkloof. Rotsstortings en vragmotorongelukke veroorsaak somtyds dat die pas gesluit moet word.
Garciapas (11.6 km)
-33.96668, 21.22009
Die pas loop oor die Langeberge met 'n hoogste pun t van 484m. Die pas neem reisigers tussen Oudtshoorn, Ladismith en Riversdal. Maurice Garcia, 'n 1820 setlaar van Joods Portuguese afkoms was die siviele kommissaris van Riversdal en een van sy grootse take was om 'n pad deur die berge te laat bou om met die Klein-Karoo te verbind. Thomas Bain het in 1872 toestemming gekry om die Garciapas te bou. Teen die einde van 1873 is 107 gevangenis na die gebied verskuif om aan die pas te begin bou. Die bouwerk is in 1877 voltooi. Die Garciapas is bekend vir natuurskoon en veral pragtige fynbos en plattelandse uitsigte.
Bron: Calitzdorp Toerisme
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’