Update
CALITZDORP NUUS - Toestemming is in die Oudtshoorn-streekhof toegestaan vir 'n sleutel-staatsgetuie wat reeds getuig het, om op versoek van die verdediging in die saak teen 'n man van Calitzdorp, wat sy motor oorlaai en van strafbare manslag aangekla word, terug te keer na die getuiebank.
Streeklanddros Retha Pretorius het die versoek dat Alwin Prinsloo teruggeroep word in die saak teen Petrus van Willing, toegestaan.
Van Willing word daarvan aangekla dat hy op 29 Desember 2016 op die Calitzdorp-pad 'n ongeluk veroorsaak het wat gelei het tot die dood van Keanan Prinsloo nadat hy uit 'n bakkie geval het. Van Willing het die bakkie met sy Mercedes Benz probeer verbysteek, maar van plan verander uit vrees dat hy met 'n aankomende voertuig sou bots.
Sy motor het die sleepwaentjie agter die bakkie wat hy wou verbysteek geraak en albei voertuie het omgeslaan.
Daar was agt volwassenes en twee kinders in Van Willing se motor.
Die verhoor word op 3 Augustus voort-gesit.
Lees 'n vorige artikel: Man in hof vir strafbare manslag
'Ons bring jou die nuutste Calitzdorp, Klein Karoo nuus'