LADISMITH NUUS - Die Ladismith-speurtak is tans besig met `n ondersoek na die moord op die 27-jarige Patrick Robyntjies.
Hy is op 9 September in sy huis in Nissenville deur 'n man aangeval en in sy nek en skouer gesteek.
Volgens sers. Chris Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, is 'n 28-jarige verdagte reeds in verband met sy moord in hegtenis geneem.
"Paramedici is na die toneel ontbied en het die slagoffer op die toneel dood verklaar."
Robyntjies se vriendin en ma van sy kinders, Jasmain Daniels (25), het hom as `n uitstekende pa vir sy kinders beskryf.
"Hy het hulle verskriklik bederf en het altyd gesorg dat ons `n inkomste gehad het. Ons was vir elf jaar in 'n verhouding en hy het regtig mooi na ons gekyk."
Volgens haar het hy by Dirk Meintjies Staalkonstruksie gewerk, nadat hy lank as taxibestuurder gewerk het.
Robyntjies laat twee kinders, Gershwin Daniels (9) en Charlonique Daniels (1 jaar en 7 maande) agter.
Die begrafnisreëlings is vir Saterdag 24 September getref.
Hy word vanuit die gemeenskapsaal in Nissenville begrawe.
Jasmain Daniëls, ma van Patrick Robyntjies se kinders, saam met klein Charlonique Daniels. Foto: Deon Meyer
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’