OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-munisipaliteit sal vanaf 1 September die volgende veranderinge in hulle diensleweringsure, instel. Hierdie veranderings sal vir ‘n drie maande proeftydperk geïmplementeer word.
Gewysigde munisipale werksure:
- Maandae tot Donderdae: 07:30 – 16:30
- Vrydae: 07:30 – 13:30
Munisipale betaalpunte in Voortrekkerweg, Bongolethu, Bridgton, Dysselsdorp en De Rust
- Maandae tot Donderdae: 07:45 – 15:30
- Vrydae: 07:45 – 12:30
*Let wel dat die betaalpunte gedurende etenstye oop sal wees behalwe in, Bongolethu, Bridgton, Dysselsdorp en De Rust is dit slegs op Vrydae tydens etensure oop.
Skuldinvordering en ontblokking van elektrisiteit:
- Maandae tot Donderdae: 07:30 – 15:30
- Vrydae 07:30 – 16:00
*Let wel dat normale na-uurse prosedures vir skuldinvordering en ontblokking van elektrisiteit na ure sal volg.
*Let wel dat kantore vir skuldinvordering en ontblokking van elektrisiteit gedurende etenstye oop sal wees.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'