Update
OUDTSHOORN NUUS - Daar is steeds 'n veldbrand noord van De Kombuys en die Koos Raubenheimerdam. 'n Verdere geaffekteerde gebied is aan die noordelike kant van die Swartberge, wes van die Swartbergpas.
In die gebied noord van die Koos Raubenheimerdam is die vuurlyn onder beheer. Op die oomblik is daar geen sigbare vuur-aktiwiteit nie. In die Swartbergpas-gebied is die vuur ook onder beheer met geen nuwe aktiwiteit nie.
Die oostelike deel naby die Koos Raubenheimerdam is toeganglik. Nou kan brandweerspanne opruiming doen. Die geaffekteerde gebied naby die Swartbergpas is steeds ontoeganklik vir brandweerspanne weens die moeilike terrrenuitdagings.
CapeNature moniteer die situasie in samewerking met die Prins Albert-munisipaliteit, die Oudtshoorn-munisipaliteit en die Tuinroete-distriksmunisipaliteit - indien versterkings benodig word.
Meld veldbrande onmiddellik aan: Noodsentrum 044 805 5071 of stuur 'n WhatsApp na 081 709 5193.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’