OUDTSHOORN NUUS - AfriForum se Oudtshoorn-tak het verlede week 'n geslaagde 'Veg en Bou'-week gehad.
Volgens Johan Conradie, Oudtshoorn-takvoorsitter, het die week verlede Saterdag met praktiese opleiding vir trauma bystanders begin.
Johan Kloppers en Izel Kruger van AfriForum-hoofkantoor het die opleiding gedoen.
Maandag het die program voort gegaan met 'n gesprek oor 'Hoe veilig is Suid-Afrika nog?'
Die paneelbespreking was met Johan Kruger as gasspreksleier en die paneellede was Raymond Hohls, veiligheidsvoorsitter van Afriforum se hoofkantoor, Nick
Arnold, hoof van Forum Sekuriteit, Majoor David Olivier, veiligheidspesialis van Afriforum en Generaal Roland de Vries en Johan Kloppers.
Lees meer in Donderdag se uitgawe van die Oudtshoorn Courant
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’