Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Aantal grafte in die Joodse begraafplaas in Condorstraat het verlede week onder vandale deurgeloop.
Volgens David Harris, 'n bekende in die Joodse gemeenskap, help die muur rondom die begraafplaas nie om die boewe uit te hou nie.
"Die begraafplaas is reeds 150 oud. Die vandale klim eenvoudig net oor die mure en ontlas in die begraafplaas, gooi hul vullis hier neer en vandaliseer die laaste rusplek van ons geliefdes.
"Die Joodse gemeenskap onderhou reeds etlike jare self die begraafplaas en betaal ook nou self vir die grafte om reggemaak te word. Die hakkiesdraad wat ons 'n paar jaar gelede opgesit is ook al afgesteel."
Kyk 'n video hieronder en lees die volledige berig in hierdie week se koerant.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'