OUDTSHOORN NUUS - Vandale wat ‘n munisipale kommunikasietoring naby die gevangenisterrein beskadig het, was die oorsaak dat ten minste 17 afdelings van die munisiplaiteit vandag sonder telefoon- en internetdienste was.
Verskeie privaat internetdiensverskaffers is ook deur die vandalisme geraak.
Tydens die voorval is ‘n “inverter” sowel as koperdraad ter waarde van ongeveer R20 gesteel. Die totale skade beloop egter meer as R20 000. Van die afdelings wat sonder enige vorm van kommunikasie gestrand was, was die brandweer, elektriese afdeling, kragstasie sowel as De Rust en Dysselsdorp se munisipale kantore.
Tegnici het hard gewerk en teen middagete die kommunikasieverbinding herstel.
Dit is egter ‘n korttermyn-oplossing aangesien die hele netwerk nou van Eskom se kragvoorsiening afhanklik is en daar dus nie kommunikasie sal wees as daar beurtkrag is nie omdat die batterye by die toring nie tans gebruik kan word nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'