OUDTSHOORN SPORTNUUS - Union Stars vrouekrieketspan het gister, 18 Maart, vir Harlequins Forces met nege paaltjies in die SWD Vroueklubtoernooi-eindstryd oorrompel.
Die wedstryd is by die Six Gunn Grill-stadion beslis. Met hierdie oorwinning het Union Stars hul agste agtereenvolgende titel as kampioene van dié toernooi ingepalm.
Harlequins het eerste gekolf en is vir 'n beskeie 22 lopies na slegs 13.5 boulbeurte, almal uitgehaal.
Die ervare boulpaar van die Garden Route Badgers-vrouespan, Miceala Andrews (3/9 in 5 boulbeurte) en Jané Winster (5/4 in 5 boulbeurte), was veral vernietigend met die bal.
Union Stars (24/1), het slegs 2.2 boulbeurte nodig gehad om die teiken te oortref. Mieke de Ridder was onoorwonne op 16 lopies van slegs 12 balle. Haar beurt het twee viere ingesluit.
Die Union Stars-vrouekrieketspan vier hul oorwinning. Foto: Verskaf
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’