OUDTSHOORN NUUS - Offisiere van die Oudtshoorn UCC Kerk se brigade het onlangs 'n reunie by Jacobus en Cay du Plessis se woning gehou.
Die oorspronklike brigade is in 1882 in Skotland gestig waarna dit uitgebrei het na ander lande. Oudtshoorn se tak is in 1957 deur wyle eerwaarde Philip Le Roux gestig, wie toe deur kaptein George Gerber opgevolg is.
Een van Oudtshoorn UCC brigade se hoogtepunte is dat kaptein Gerber ook die 100ste bestaansjaarvieringe in Skotland in 1983 bygewoon het.
Kaptein Willem Brown het in 1985 die leisels oorgeneem en is ook al as ere-kaptein deur Seuns Brigade Suid-Afrika vereer.
Volgens een van die offisiere wat die reunie bygewoon het, James Cupido, is die objektief van die brigade die bevordering van die Christus koningkryk onder die jeug. "Dit behels dissipline, selfrespek en alles waarna 'n ware Christen strewe, " het Cupido gesê.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’