OUDTSHOORN NUUS - Senior burgers en kinders in die omgewing van Negentiende Laan, Bridgton, is Saterdag 14 Desember vir die tweede jaar met geskenkies en 'n ete bederf danksy 'n weduwee en pensioenaris se omgeeharte.
Die 60-jarige Carolina Arendse staan aan die voorpunt van die Siyakhuthanda Uitreikingsprogram waarby sy sedert 2020, na die dood van haar man betrokke is.
"Ek wil net vir die Here baie dankie sê vir nog 'n Kerspartytjie vir bejaardes en kinders van die lane."
Volgens Arendse was die donasies nie vanjaar so goed nie, maar is sy groot dank verskuldig aan diegene wat wel 'n bydrae gemaak het.
"Ons is dankbaar dat die Here ons deurgedra het vir nog 'n jaar."
Sy het haar dank uitgespreek teenoor onder andere, die Bell-, Jacobus- en Baadjies-families, Bears, Icosa, Apostel Granville Baadjies (vir die beskikbaarstelling van sy kerkgebou), raadslid Hendrik Tiemie, Conrad van Niekerk en Doreen.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’