Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Twee mans wat agter op 'n Nissan-bakkie was, is beseer toe die bakkie gisteraand, Maandag 27 April, in 'n kanaal beland het.
Die bakkie met ses insittendes was na Kango Bergoord onderweg toe die bestuurder omstreeks 19:30 op 'n draai van die pad afgery het en in 'n sement kanaal beland het.
Van die mans is werksaam by die oord. Die bestuurder en drie passasiers is ongedeerd. Ten tye van die ongeluk was daar vier mans agter op die bakkie.
Kyk 'n video hieronder:
Twee mans wat agterop die bakkie was is beseer.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'