KLEIN KAROO NUUS - Die bestuurder van 'n Nissan NP200 bakkie en 'n jong passasier is Sondagmiddag omstreeks 16:00 dood toe die bakkie en 'n BMW mekaar reg van voor net buite Ladismith getref het.
Volgens voorlopige inligting was die BMW met die R62 onderweg toe die bakkie vermoedelik by 'n aansluiting van 'n woonbuurt uitgekom het en voor die BMW beland het.
Die bestuurder van die bakkie was Bert Lintveld van Ladismith. Die naam van die passasier is nog nie bekendgemaak nie.
Die insittendes van die BMW het ligte beserings opgedoen.
Die oorledene, Bert Lintveld.
Die wrak van die bakkie.
'Ons bring jou die nuutste Klein Karoo nuus'