OUDTSHOORN NUUS - Twee persone is die afgelope naweek is twee afsonderlike voorvalle vermoor.
Die polisie doen 'n beroep op enigiemand met inligting om asseblief Crime Stop by 08600 10111 te skakel.
Volgens ao. Joseph Swartbooi, Suid-Kaapse polisie woordvoerder het die eerste moord Vrydag 9 Maart in Sunriselaan gebeur.
"Die Oudtshoorn-polisie het Vrydag omstreeks 18:30 'n klag bygewoon waar hulle ingelig was dat 'n slagoffer gesteek was en na 'n nabygeleë hospitaal oorgeplaas is."
Volgens hom was die 54-jarige man reeds oorlede toe die polisie by die hospitaal opdaag.
Swartbooi het verder gesê dat die tweede voorval het Saterdag plaasgevind.
"'n 27-jarige vrou is met 'n steekwond aan haar bors aangetref, maar het dit nie oorleef nie. Die verdagte het van die toneel gevlug, en is nog nie in hegtenis geneem nie."
Swartbooi het gevra dat enigiemand wat iets van die moorde weet, asseblief die polisie moet kontak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’