OUDTSHOORN NUUS - Vyftien leerders van Langenhoven Gimnasium het op 5 Augustus twee goue, een silwer en twaalf bronstoekennings by die Logan-toneelfees ingepalm.
Die Logan-toneelfees vind jaarliks gedurende die eerste week van Augustus in Fraserburg plaas en het hierdie jaar hul 45ste bestaansjaar gevier.
Gimmies se toneelgroep onder leiding van juf. Ellari Campbell (Engels-onderwyseres by Langenhoven Gimnasium) het die voorreg gehad om die toneelstuk, Alfie-Romeo en Prinses Julietta, geskryf deur prof. Nico Luwes, by die fees op die planke te bring.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'