OUDTSHOORN NUUS - Twee kruisings waar reeds verskeie botsings plaasgevind het was binne twaalf ure na mekaar weereens die tonele van botsings.
By beide kruisings is daar tweerigtingstopstrate en dit blyk dat motoriste onder die indruk is dat dit vierrigtingstopstrate is.
Gisteraand om ongeveer 18:00 was 'n Hyundai en 'n Volkswagen Golf by die kruising van Buitekant- en Van der Rietstraat in 'n botsing betrokke.
Die stopstraat is vir verkeer wat met Buitekantstraat langs ry.
Vanoggend om ongeveer 07:15 was daar 'n botsing tussen 'n VW Polo en 'n VW Jetta by die kruising tussen Jan van Riebeeck- en Rademeyerstraat.
Verkeer vanuit Rademeyerstraat moet by 'n stopstraat stilhou.
Niemand is in die twee botsings beseer nie, maar inwoners naby beide tonele is bekommerd oor die aantal botisngs wat reeds by die twee kruisings plaasgevind het.
Een van die beskadigde voertuie na die botsing in Jan van Riebeeckstraat.
Op die ongelukstoneel in Jan van Riebeeckstraat.
Lees 'n verwante artikel: Soveelste ongeluk by aansluiting
ARTIKEL & FOTO'S: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT-REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'