Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die aantal botsings wat by die aansluiting van die Mosselbaaipad met die Calitzdorppad plaasvind, het vanmiddag met nog een gestyg.
'n Bejaarde man van Mosselbaai het die stopstraat waar die twee paaie aansluit te laat gesien en gerem.
Sy silwerkleurige Polo het 'n paal van 'n naambord aan die oorkant van die pad afgery, deur 'n draadheining gebars en in die veld tot stilstand gekom.
Die bestuurder is nie beseer nie.
Hy het op die toneel gesê hy is besig om vanaf Mosselbaai na Oudtshoorn te verhuis en is nie vertroud met die pad nie.
'n Verkeersbeampte wat op diens was het die botsing gesien en gesê die bestuurder is gelukkig dat hy nie een van die bome getref het of dat daar aankomende verkeer was nie.
Die bestuurder se seun het hom by die toneel kom haal.
Kyk 'n video hieronder.
Nooddienswerkers op die toneel vanmiddag.
Die aansluiting waar die ongeluk plaasgevind het.
ARTIKEL, VIDEO & FOTO'S: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT-REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'