OUDTSHOORN NUUS - Twee persone, waaronder 'n 16-jarige seun, is beseer na die bestuurder van 'n Fiat na bewering agter in 'n Hyundai in Voortrekkerweg vasgery het.
Volgens omstanders op die toneel het die Hyundai agter 'n ander voertuig by die rooi lig gestaan toe die bestuurder van die Fiat agter in die Hyundai vas gery het.
Niemand is presies seker of daar skade aan die voorste motor was nie, aangesien die motor die toneel verlaat het.
Die vrou en seun wat in die Hyundai was is vir hul beserings op die toneel behandel en na 'n hospitaal geneem. Hulle is nie ernstig beseer nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'