OUDTSHOORN NUUS - Twee mans van Oudtshoorn wat op Kersoggend verlede jaar twee mans buite ‘n nagklub in Zebraweg beroof het, is verlede week in die Oudtshoorn-streekhof elk tot 12 jaar gevangenisstraf gevonnis nadat hulle aan twee aanklagte van roof met verswarende omstandighede skuldig bevind is.
Michael Swapi en Zola Maliwa het die oggend vir Francois Monck en Dominique Fourie met messe gedreig en van hul selfone, kontant, motorsleutels en ‘n pienk baadjie beroof.
Swapi en Maliwa is danksy die vinnige optrede van die polisie sowat ‘n uur later in hegtenis geneem.
•Lees meer in Oudtshoorn Courant en aanlyn
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'