OUDTSHOORN NUUS - Die verhoor van twee mans van Bridgton, wat van poging to moord aangekla word na ‘n voorval van meer as vyf jaar gelede in Hectorstraat, Bridgton, is in die Clayton Wagner na ‘n ondersoek ter plaatse vir verdere getuienis tot 1 September uitgestel.
Die wat oorbondig is, Clayton Wagner (26) en die Damian Matthews (27), word daarvan aangekla dat hulle die aand van 13 Mei 2017 vir Bertrum Pietersen met ‘n panga gekap, geskop en op hom getrap het - albei ontken dit.
Streeklanddros, Ntsoki Moni het tydens die kruisondervraging van ‘n ooggetuie, Bronwynne Swartbooi, ‘n ondersoek ter plaatse gelas om die hof te vergewis van die toneel waar die voorval plaasgevind het.
Swartbooi het getuig dat hy voor ‘n winkel in Hectorstraat gesit en vandaar gesien het hoedat Pietersen deur die twee beskuldigdes en nog drie mans aangerand is. Hy het glo ook duidelik gesien hoedat Wagner vir Pietersen met die kapmes gekap en die panga neergooi het waarna hulle toe almal weggehardloop het.
“Dit was ek wat die klaer wat vol bloed was, opgetel en vir hulp na sy huis geneem het.”
Die straatlig het dit vir hom moontlik gemaak om die twee beskuldigdes te herken, maar hy ken nie die ander drie aanvallers nie.
Die beskuldigdes se regsverteenwoordiger, Werner Swanepoel, het dit aan Swartbooi gestel dat hy twee weergawes het. Volgens hom sal iemand kom getuig dat hy (Swartbooi) ook vir Pietersen geslaan en ‘n panga gehad het.
Volgens Swanepoel sal die beskuldigdes ook getuig dat hulle nie op die toneel was nie en eers die volgende dag van die aanranding gehoor het. Volgens hom was Swartbooi die aggressor daardie aand.
Die saak is vir die getuienis van nog twee ooggetuies tot 1 September uitgestel. Corné Pretorius is die aanklaer.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'