OUDTSHOORN NUUS - Die 1ste plaaslike SWD-trompoppie-toernooi van 2019 het Saterdag by De-Jagers-sportkompleks plaasgevind met sowat 14 spanne wat deelgeneem het. Die spanne het vier junior primêr, vyf laerskool en vyf hoërskoolspanne ingesluit.
Saturnus Junior Primêr en Laerskool Dysselsdorp was een van die spanne wat terug verwelkom is na 'n paar jaar se afwesigheid.
Tydens die toernooi was daar in Pom / Non Prop Group, Flag group, Mace Group en Small Drill kategorieë meegeding.
Bykans 320 trompoppies het vanjaar deelgeneem met 20 amptenare wat die toernooi beoordeel het. Omdat die SWD kleure-seremonie ook op dié dag plaasgevind het was daar nie by die byeenkoms in die Baton Group en Large Drill kategorie meegeding nie.
Lees meer in Vrydag se O:udtshoorn Courant, asook aanlyn.
Die trompoppiespan van Hoërskool Oudtshoorn het 'n algehele eerste plek by die SWD-trompoppietoernooi behaal. Foto: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'