OUDTSHOORN NUUS - 'n Trokdrywer, wat op pad Beaufort-Wes toe is met ‘n vrag sement het vanoggend by die steil bult in Hofstraat naby die Oudtshoorn Vaardigheidskool vasgesit.
Volgens die bestuurder wou hy ‘n laaste stop by Timbercity maak toe sy globale posisioneringstelsel (GPS) hom aanraai om van Hofstraat gebruik te maak.
'n Bekommerde inwoner wat in die area woon, het aan Oudtshoorn Courant gesê dat dit gereeld gebeur dat swaarvoertuie in Hofstraat vassit.
"Dit het selfs al voorheen gebeur dat van die swaarvoertuie in inwoners se erwe beland wat dan groot skade aangerig het. As inwoners wil ons graag die owerhede versoek om ‘n bord aan te bring wat swaarvoertuie verbied om van Hofstraat gebruik te maak omdat dit potensieel so gevaarlik is."
'n Navraag is aan die Oudtshoorn-munisipaliteit gestuur.
Foto: Wyndham Ewerts
Foto: Wyndham Ewerts
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'