Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Jaco Vorster, insinieerder van die Oudtshoorn Trees of Hope-projek, het vanoggend, in samewerking met die Oudtshoorn-infanterieskool, 50 doringbome as deel van Nasionale Boomplantdag geplant.
30 van die bome is buite die weermag se basis in Parkweg geplant, terwyl die res op die infanterieskool se gronde geplant is.
Vorster het die Oudtshoorn-infanterieskool bedank vir hul onderneming om toe te sien dat die bome gereeld natgelei sal word.
Oudtshoorn-burgemeester, Chris Macpherson en speaker, Julia Le Roux het ook die verrigtinge bygewoon.
Kyk 'n video hieronder.
Jaco Vorster en weermaglede by een van die bome wat in vanoggend in Parkweg geplant is.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'