OUDTSHOORN NUUS - Die ANC se vakature op die Oudtshoorn stadsraad is verlede week gevul. Galvin Ricardo Gertse, is verlede Donderdag tydens 'n spesiale raadsvergadering van die Oudtshoorn-munisipaliteit as raadslid ingesweer.
Dit volg nadat die OVK gelas het dat Magadalene Titus nie meer 'n raadslid mag wees nie omdat sy met die afgelope verkiesing in Worcester as kieser geregistreer het.
Raadslede mag slegs in die kiesafdeling waar hulle dien, registreer.
Aangesien Titus 'n proporsionele raadslid is, kon die ANC 'n opvolger aanwys.
Gertse is tydens die raadsvergadering deur ds. André Boesak van die Verenigende Gereformeerde Kerk, ingesweer.
Titus woon tans in Worcester nadat sy op borgtog vrygelaat is in die moordsaak op haar oorlede man, Preston Titus, waarvan sy aangekla word.
Lees 'n verwante artikel: Titus mag nie meer raadslid wees nie
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'