TUINROETE NUUS - Die SWD-sierduifklub het Saterdag 'n baie suksesvolle opedag by Barons Palace gehou wat deur oud en jonk bygewoon is.
Altesaam 72 sierduiwe van verskillende rasse is ten toon gestel waarvan die gewildstes die Modenas, Jakobyne en die Chinese Uile was en baie aandag getrek het.
Volgens die president van die klub, Arthur Muller, was daar Saterdag 25 sierduifrasse.
"Daar is tans 105 rasse in Suid-Afrika en die klub beplan om 'n Julie 2025 'n streekskou in die Suid-Kaap aan te bied waar na verwagting meer as 400 sierduiwe te siene sal wees."
Volgens Muller is blootstelling van kardinale belang vir volgehoue groei van die sportsoort.
Die SWD-sierduifklub bestaan tans uit 19 lede en persone wat belangstel in die sportsoort en by die klub wil aansluit kan Muller by 072 821 9400, of die visepresident en jeugverteenwoordiger, Mario Kapp, by 071 969 5291 skakel.
Oud en jonk het Saterdag se sierduiftentoonstelling bygewoon.
Foto's: Garnett Wicomb
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’