PRINS ALBERT NUUS - Werk aan die Swartbergpas is tot so ‘n mate voltooi dat die pas vanaf 17 November elke dag vir verkeer oop sal wees.
Die pas was vir etlike maande gesluit na ‘n vloed ‘n gedeelte van die pad in April weggespoel het.
Sakendernemings in Prins Albert en toerbesighede het die ekonomiese nadraai van die sluiting van die pas duidelik aan hul sakke gevoel.
Die pas was die afgelope maand oor naweke oop vir verkeer.
Alhoewel werk aan die pad nog nie afgehandel is nie kan besoekers vanaf Vrydag 17 November die pas gebruik.
Daar sal moontlik by tye STOP/RY punte wees waar daar nog met konstruksiewerk besig is.
Klik hier vir vorige artikels:
• Swartbergpas oor naweke oop
• Swartbergpas: Herstelwerk begin
• Herstel van Swartbergpas begin
• Swartbergpas: Herstel is prioriteit
• Swartbergpas: Herstelwerk beplan
• Prins Albert: Groot skade na reën
ARTIKEL & FOTO: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Prins Albert, Klein Karoo nuus'