SUID-KAAP NUUS - Die Swartbergpas sal vanaf Vrydag 20 Oktober voortaan op spesifieke dae oopgestel word.
Volgens 'n skrywe vanaf die Sentrale Karoo distriksmunisipaliteit sal die pas vanaf 20 Oktober op Donderdagmiddae om 17:00 tot Maandagoggende om 07:30 vir verkeer oopgestel word.
Die pas is sedert 'n vloed in April vanjaar gesluit.
As gevolg van herstelwerk aan ongeveer 2km van die pas aan Prins Albert se kant was die pas vir verkeer gesluit.
Die sluiting het tot groot finansiële verliese van ondernemings in Prins Albert gelei.
Die Oudtshoorn Courant het in September berig dat besighede wat van die toersimebedryf afhanklik is tot so 'n mate benadeel is dat sommiges sluiting in die gesig staar.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'