Video
KLEIN KAROO NUUS EN VIDEO - Besoekers wat wil sneeu sien kan tot by Kobus se Gat onder die Swartbergpas en met teerpad na MatjiesRivier ry om die sneeubedekte Swartberge te aanskou.
Moet egter nie met die verwagting kom om in die sneeu te speel nie, want die enigste toegangsroete, die Swartbergpas is aan Oudtshoorn- sowel as aan Prins Albert se kant gesluit.
Voertuie wat gister op die pas vasgeval het, staan vanoggend steeds daar.
Kyk 'n verskafde video hieronder:
Die Swartbergpas is steeds gesluit.
Mense kan loop (5km), maar geen voertuie nie.
Mense is nogal teleurgesteld dat hulle moet omdraai. Foto's: Emsie Martin'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'