Me. Hannelie Human en haar 11D-registerklas aan Hoërskool Oudtshoorn het `n Masterchef-kompetisie gehou waaraan 49 spanne, elk met drie lede, deelgeneem het.
`n Struisie Lan-toernooi is ook Saterdag aangebied met vyf spanne van vier lede elk wat sake voor hul rekenaarskerms uitgespook het.
Beide kompetisies was so suksesvol dat soortgelyke geleenthede weer in die toekoms by die skool aangebied sal word.
Die uitdunne van die kookkompetisie het verlede week, Maandag tot Vrydag plaasgevind en die spanningsvolle finale verlede Saterdag, toe 12 spanne sake moes uitspook om die kroon te dra as Struisies se 2014 Masterchef-span.
Die Hoërskole-afdeling is gewen deur die Wake 'n Bake-span met The Three Musketeers kort op hul hakke en die VrugteVarsGroente-span in die derde plek. Die laerskole-afdeling vir graad 4 tot 5 is deur The Crazy Chicks gewen. Tweede was die Super Duper Chefs.
In die graad 6 tot 7-afdeling was die gesament-like wenners die Kookpotte en die Houtlepels met die Vêlemonzhê-span derde. Die volwasse afdeling is gewen deur die ICU-span van Laerskool Wesbank, gevolg deur twee Struisie-spanne, Flour Power en die Chief, Cook and Bottlewashing-span.
Pryse vir die kompetisie is geborg deur Klein Karoo Internasionaal, Karoopot, Ocean Basket, Brian's Grill, Checkers, Fruit 'n Veg Oudtshoorn, Wimpy, Cango Pizza, Poetry, Klein Karoo Toyota, Badenhorst Slaghuis, Plaspac, Auto Select, Pieter (Linford Motors), Style Ahead, Feathers, Laetitia de Witt, Wilck Spar, Pick n Pay, D'Loven Dairy, Meel en Kaneel, mnr. en me. Geldenhuys en Liquor City Oudtshoorn.
Die beoordelaars was Tiaan van Greunen, Ida Schmitt, Ronéll Lareman, Christo Serfontein en Carina Terblanche.
Die Lan-toernooi is gewen deur SMD, wat in `n taai finaal teen die Mighty Midgets te staan gekom het.
_599298012.jpg)
Die SMD-span was die wenners van Struisies se Lan-kompetisie wat Saterdag aangebied is. J&H Computer Solutions het die wenpryse geborg.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'