Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Daar is slegs vier dae oor om per SMS te stem dat Oudtshoorn die lys van Kwêla se Dorp van die Jaar haal.
Die dorp se reWOLusie-projek wat Sondag met ‘n Fiesta-toekenning bekroon is, is reeds ‘n voorbeeld van hoe Oudtshoorn se mense kan inspring en saamstaan.
‘n Miljoen rand se mediadekking is op die spel vir die dorp wat uiteindelik met die titel wegstap.
Die eerste rondte eindig Vrydagnag. SMS die woord Oudtshoorn na 33157 teen R1,50 per SMS om te verseker dat Oudtshoorn op die lys kom en na die volgende rondte deurdring.
Kyk 'n video hieronder:
Jaco Vorster, die dryfveer agter Oudtshoorn se Dorp van die Jaar inisiatief.
Foto: Hannes Visser
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'