Update
OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn reWOLusie, onder leiding van die kunstenaar Madelein Miles, het die afgelope naweek 'n Fiesta toekenning gekry.
Die Fiesta-paneel, wat alle produksies by al die Afrikaanse feeste van die land beoordeel, ken elke jaar 'n Blou Fiesta toe aan 'n projek by 'n fees wat nie deur die kategorieë gedek word nie.
Die reWOLusie-projek, wat verlede jaar deur die Ek is Oudtshoorn-inisiatief met Madeleine Miles aan die kunstestuur geloods is, het loshande gewen as die projek vir uitsonderlike bydrae.
Oudtshoorn was in gebreide en gehekelde -kleur gehul tydens KKNK 2019 en volgens Madeleine, beloof hierdie jaar om nog beter te wees.
Daar verskyn ook tydens vanjaar se KKNK 'n boek wat die stories van 18 reWOLusionêres vertel.
Die items wat vir reWOLusie gehekel en gebrei word, word uitendelik vasgewerk in komberse en vir behoeftiges gegee.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'