DE RUST-NUUS - Daar is nog net drie dae (17 April, 18 April, en 19 April) oor om vir De Rust te stem vir die Wes-Kaap se Kwêla se Dorp van die Jaar 2024-kompetisie!
De Rust is Sondagaand, 14 April, aangewys as een van die semi-finaliste vir die Wes-Kaap. Die kompetisie vind in samewerking met Lottoland plaas. Dié Klein-Karoo dorpie het in 2011 die gesogte titel as Dorp van die Jaar gewen.
De Rusters het die week besluit om 'n gelukkige trekking te hou om Suid-Afrikaners te motiveer om te stem.
Maar... Jy moet stem om te wen!
Die pryse sluit onder meer in aandetes by paaslike restaurante, twee nagte by Hotel De Rust, 'n toer en olyfproe by De Rustica, 'n perdry-avontuur by Doornkraal vir twee mense, roomyse en nog baie meer.
So werk dit:
- Om te stem SMS De Rust na 33157.
- SMS-lyne sluit 19 April om 12:00. SMS'e kos R1,50 elk.
- Slegs 30 SMS’e kan per persoon gestuur word.
- Neem 'n video-skermgreep as bewys van jou 30 SMS'e en WhatsApp dit met jou naam en nommer na 082 494 7395.
Pryse vir die wendorp
- R1 miljoen prysgeld van Lottoland om terug te ploeg in die wendorp.
- ’n 45 sekonde advertensie met lugtyd op kykNET ter waarde van R1 miljoen.
- ’n Makietie op die wendorp om die titel te vier.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’