OUDTSHOORN NUUS - Inwoners word genooi om hulle samehorigheid en ondersteuning vir mekaar, en die impak van die pandemie en ander negatiewe gebeure van die afgelope tyd, op 'n positiewe manier uit te beeld.
Almal word gevra om op 12 Augustus om 18:00 'n kers aan te steek en voor hulle huise op die sypaadjie te gaan staan. Volgens Jaco Vorster, voorsitter van die Oudtshoorn-besigheidskamer is 'n soortgelyke inisiatief op Villiersdorp gehou.
"Dit was vir my so 'n tasbare manier waarop almal op een slag hulle ondersteuning vir mense kon wys. Dit gaan hier oor veel meer as 'n erkenning aan mense wat as gevolg van Covid-19 dood is. Dit is ook ondersteuning vir mense wat geweldige finansiële verliese ly, wat trauma beleef as gevolg van die pandemie en ook as gevolg van die grootskaalse plundery wat onlangs plaasgevind het."
Ingrid Noble, die inwoner wat verlede jaar gesorg het vir die reusesukses van Oudtshoorn se Jerusalema, voeg haar stem by Vorster s'n en noem dat verskeie ander organisasies soos die Tafelronde, Rotariërs en Vryburgers ook die inisiatief steun.
In 'n WhatsApp-boodskap om mense aan te spoor om aan die inisiatief deel te neem sê sy,
"Dit is tyd om saam te staan en 'n kers op te steek om almal te herdenk wat hulle lewens verloor het aan hierdie verwoestende Covid-19-pandemie. Stap op 12 Augustus om 18:00 uit u huis of werksplek met 'n kers, 'n gebed in u hart en die krag om te weet dat ons hierdeur sal kom."
Residents of Oudtshoorn are asked to show their support for one another during the devastation of the Covid-19 pandemic by all lighting a candle at the same time. The initiative was sparked by a similar one done in Villiersdorp recently when hundreds of residents lit candles and stood outside their houses and places of business. “We want to ask all our residents to light a candle at 18:00 on Thursday 12 August, and to step onto the sidewalk with their candles,” said Ingrid Noble, the lady who arranged the huge Jerusalema challenge in Oudtshoorn last year.
Jaco Vorster, chairman of the Oudtshoorn Business Chamber, said this initiative goes beyond Covid. “It is not only to remember those who have lost their lives due to the pandemic. It is also to support those who have lost their livelihoods and to give encouragement after the spate of violence in certain parts of the country.”
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'