OUDTSHOORN NUUS - Die munisipale bestuurder, Walter Hendricks, het tydens vandag se raadsvergadering 'n epos van die OVK voorgelees wat bevestig dat Mlandeli Nyuka (Suid-Kaap Saamstaan) sy plek in die raad moet in neem, wat Nyuka tot groot applous van die raad gedoen het.
Hierdie verwikkelinge volg nadat Suid-Kaap Saamstaan Party vandeesweek uitspraak ontvang het dat hul hofaansoek om Nyuka as aangewese korrespondent van die party te verwyder, deur die Verkiesingshof ter syde gestel is.
Nyuka is sy setel in die munisipale raad kwyt nadat sy lidmaatskap op 6 April vanjaar deur sy party beëindig is.
Dit blyk dat Nyuka die beslissende stem was wat met die DA-alliansie (VF-plus en Icosa(nie-amptelik) gestem het om Anel Berry(DA) as nuwe hoofsweep in te stem.
Lees die volledige storie in môre se uitgawe van die Oudtshoorn Courant.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'