OUDTSHOORN NUUS - Spring Roses-rugbyklub het onlangs 'n donasie aan John Slabbert, kranige atleet en rugbyspeler van Bridgton Sekondêr, geskenk. Slabbert is onlangs in die SWD Akademie-rugbyspan ingesluit en sal aan die einde van die Junievakansie na Wellington vertrek om deel te neem aan die streek se rugbyakademieweektoernooi.
Verlede week se Suidelike-rugbykustoernooi waarin SWD, Boland en OP meegeding het, het as opwarmingswedstryde vir dié Akademieweek gedien.
Kelvin Ellis, skoolhoof van Bridgton Sekondêr, het Spring Roses-rugbyklub bedank vir hul donasie aan Slabbert.
"Dit is verblydend dat plaaslike rugbyspanne bereid is om terug te ploeg in ons gemeenskappe om jong plaaslike talent die geleentheid te gee om te ontwikkel. Ons wil John baie sterkte en voorspoed toewens vir die toernooi en vertrou dat hy ons skool en gemeenskap trots sal maak," het Ellis gesê.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'